Osama bin Laden

Osama bin Laden
أسامة بن محمد بن عوض بن لادن
Osama bin Laden
Osama bin Laden, ca. 1997

1ste Algemene Emir van Al-Kaïda
Ampstermyn
1988 – 2 Mei 2011
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Ayman al-Zawahiri

Persoonlike besonderhede
Gebore Usama bin Mohammed bin Awad bin Laden
(1957-03-10)10 Maart 1957
Riaad, Saoedi-Arabië
Sterf 2 Mei 2011 (op 54)
Abbottabad, Pakistan
Eggenoot/-note Najwa Ghanhem
Khadijah Sharif
Khairiah Sabar
Siham Sabar
Amal Ahmed al-Sadah
Kind(ers) 20 tot 26
Religie Islam (Wahhabisme/Salafisme)[1][2][3][4]

Militêre Diens
Lojaliteit Maktab al-Khidamat (1984–1988)
Al-Kaïda (1988–2011)
Jare in diens 1984–2 Mei 2011
Rang Algemene Emir van Al-Kaïda
Oorloë/Veldslae Sowjet-oorlog in Afghanistan

Wêreldwye oorlog teen terrorisme

Usāma ibn Muhammad ibn Awad ibn Lādin, bekend as Osama bin Laden (Arabies: أسامة بن محمد بن عوض بن لادن الحضرمي الكندي, ʾUsāmah bin Muḥammad bin ʿAwaḍ bin Lādin al-Ḥaḍramī al-Kindī; 10 Maart 1957, Riaad, Saoedi-Arabië2 Mei 2011, Abbottabad, Pakistan) was 'n terroris en die geestelike leier van verskillende djihadistiese groepe soos byvoorbeeld al-Kaïda. As moedjahid het Bin Laden met Amerikaanse steun teen die Sowjet-inval in Afghanistan geveg.[5] Sedert 1994 was hy staatloos en is in 1999 op die Federal Bureau of Investigation (FBI) se lys van 10 mees gesoekte voortvlugtiges (Ten Most Wanted Fugitives) geplaas.

Verskeie bewyse verbind hom met die terreuraanvalle van 11 September. Bin Laden het byvoorbeeld net vóór 11 September aan kollegas gesê dat hy besig is met 'n groot operasie teen die Verenigde State van Amerika (VSA). Drie van die kapers is vervolgens regstreeks met Bin Laden en al-Kaïda verbind. Een is ook as 'n sleutelfiguur geïdentifiseer in die bomaanvalle op die Amerikaanse ambassades in Nairobi en Dar-es-Salaam in 1998, sowel as die aanval op die Amerikaanse oorlogskip die USS Cole in 2000.

Die mees verdoemende bewyse teen Bin Laden, wat volgens die VSA onteenseglik sy aandeel aan die terreurdade bewys, is egter 'n video-opname wat in die Pentagon se besit is. Die video-opname beeld Bin Laden uit waar hy 'n uiteensetting lewer van sy beplanning van die terreuraanvalle van 11 September.

  1. (en) Fair, C. Christine; Watson, Sarah J. (18 Februarie 2015). Pakistan's Enduring Challenges. University of Pennsylvania Press. p. 246. ISBN 978-0-8122-4690-2. Osama bin Laden was a hard-core Salafi who openly espoused violence against the United States in order to achieve Salafi goals.
  2. (en) Brown, Amy Benson; Poremski, Karen M. (18 Desember 2014). Roads to Reconciliation: Conflict and Dialogue in the Twenty-first Century. Routledge. p. 81. ISBN 978-1-317-46076-3.
  3. Osama Bin Laden (2007) Suzanne J. Murdico
  4. Armstrong, Karen (11 Julie 2005). "The label of Catholic terror was never used about the IRA". The Guardian (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019.
  5. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search